ameliastrydomskryf

Romanses en Realiteit? Februarie 13, 2012

Filed under: romanse,Skryf — ameliastrydom @ 2:24 nm
Tags: , , ,

Dis ‘n ou debat: is romanseskrywers besig om hul lesers te laat glo in ‘n tipe liefde wat eintlik ‘n illusie is, of is ons juis besig om ‘n harde realiteit vir ons vroulike lesers meer leefbaar te maak met ons stories oor die liefde? As ‘n romanseskrywer, staan ek viervoet in die laaste kamp. Ons vrouelesers is nie stupid nie – hulle weet dat storieboek-helde net in storieboeke bestaan. En hulle gebruik ewe slim die heerlike hormone wat die lees van liefdesverhale stimuleer (endorfien en oksitosien) om nuwe lewe in hul eie verhoudings met hul feilbare vlees-en-bloed helde te blaas.

Maar nou wonder ek oor ‘n nuwe ding … Ek het onlangs Pretoria se tweedehandse boekwinkels deurgesnuffel op soek na popular psychology boeke oor die verhouding tussen mans en vroue. Men are from Mars en daai soort van boeke. My doelwit was nie om die mans in my eie lewe beter te verstaan nie (met hulle het ek lankal opgegee!) maar om ‘n beter begrip vir die psige van my storieboek-helde te kry. Die eerste boek wat ek toe optel, is He’s Just Not That Into You van Greg Behrendt en Liz Tuccillo. Ek was aangenaam verras – die boek was so entertaining dat ek dit sommer in een sitting (hilighter in die hand!) klaar gelees het. Gewoonlik lees ek maar langtand aan nie-fiksie boeke …

Ongelukkig het ek nie veel wat ek vir my romanses kan gebruik daarin gevind nie. Die rede? Behrendt hou vol dat ouens eintlik baie eenvoudig is. Hulle is glad nie so vol draadwerk en issues soos ons hulle in ons romanses uitbeeld nie. (Ja, jy het reg geraai: We [men] are driven by sex, although we’d like to pretend otherwise …].

Volgens Behrendt is al die ‘konflikte’ wat ons vir ons helde uitdink, eintlik kode vir he’s just not that into you. Verskonings, met ander woorde. Hy skryf: I’m a dude. If I like you, I kiss you. And then I think about what you look like in and out of your underwear. I’m a guy. That’s how it works. No ifs, no ands, and clearly, no buts … Ons geliefde konflik genaamd fear of intimacy? Volgens Behrendt is dit ‘n pot strooi uit die manlike perspektief: Sure, many people have been hurt in their past, and now have a fear of intimacy. But guess what? If a man is really into you, nothing will stop him from being with you – including fear of intimacy. He may run and get his butt into therapy if there’s some serious problem, but he’ll never keep you in the dark. Verder in die boek skryf hy: 100% of guys polled said a fear of intimacy has never stopped them from getting into a relationship. One guy even remarked: ‘Fear of intimacy is an urban myth’. Another guy said: ‘That’s just what we say to girls when we’re just not that into them.’

Oukei, in ons stories is dit wel wat gebeur. Die held kry sy gat in rat, raak ontslae van sy bagasie en verower die heldin. Maar in die regte lewe? Volgens die boek is ‘n sogenaamde vrees vir intimiteit dikwels net ‘n verskoning. Is ons boeke nie besig om vroue vals hoop te gee nie? Om hulle te laat dink dat hul ‘held’ besig is om oor sy issues te probeer kom, terwyl hy eintlik besig is om te wag vir ‘n beter proposisie nie?

Neem die ‘romantiese konflik’ van ‘n man wat ‘nooit’ wil trou nie. Volgens Behrendt sal meeste mans wat vir ‘n spesifieke vrou sê hulle wil nooit trou nie, wel eendag die knoop deurhaak. Net nie met haar nie. “Ek wil nooit trou nie” is dus eintlik kode vir “ek wil nie met jou trou nie.”

So wat sê julle? Veroorsaak ons romanses dat vroue langer gewillig aan ‘n lyntjie hang omdat hulle dink dat hul ouens – soos die storieboek-helde – wel eindelik hul liefde sal besef (en erken)? Of is ons helde juis manne van inbors wat dien om meeste vroue se standaarde darem effens te verhoog?

 

Lewer kommentaar