ameliastrydomskryf

‘n Geselsie met Madelie Human Junie 10, 2012

Madelie Human, skrywer van romantiese komedies

My derde romanse, Bosveldliefde vir Jemma, sal later hierdie maand op die rakke wees. In die lig van hierdie happy event, het ek met Madelie Human, skrywer van heerlike romantiese komedies, gesels oor die skryfproses en die genre. Gaan lees gerus die onderhoud by

’n Kuiertjie met Amelia Strydom, skrywer van mediese romanses


en moenie skaam wees om te laat hoor wat jy dink nie.

 

Hoekom Ek Romanse Skryf Maart 29, 2012

Die ander dag vind ‘n kollega uit my ‘ander’ lewe uit dat ek romanses skryf. “Mag ek jou maar spot?” vra sy laggend.

Mag jy my maar spot? Wat, presies, wonder ek, is daar om mee te spot? Bedoel jy dat jy met my wil spot omdat ek romanses skryf – ontspanningsliteratuur – en nie ernstige letterkunde nie? In daardie geval, mag ek jou maar spot omdat jy ‘n verpleegster in plaas van ‘n dokter geword het? Die een beroep gaan immers nie met soveel status as die ander gepaard nie. Mag ek jou maar spot omdat jy ‘n werk gekies het wat pyn verlig en lyding voorkom en troos verskaf wanneer die lewe op sy donkerste is? Want weet jy wat? Dis wat ek ook doen met die romanses waarvoor jy dink jy kan lag.

Of spot jy my dalk omdat jy dink ek is ‘n romantiese siel? Is daar iets mee verkeerd? As daar is, my liewe vriendin, hoekom luister jy na musiek? Gaan die meeste van die liedjies nie maar oor die liefde nie? Hoekom gaan fliek jy? Raak jy nie moeg vir al die stories wat handel oor die liefde nie? Bowenal, hoekom is jy getroud? Hoekom wil jy graag kinders hê? Dit wys tog dat jy nie verhewe is bo daardie uiters menslike behoefte nie: die behoefte aan iemand aan wie jy kan behoort, aan iemand om jou lewe mee te deel, aan iemand wat aan jou verganklike lewe betekenis kan gee.

Ek lees gewis nie net romanses nie. Maar kyk ek terug na die swaarste tye in my lewe, tye van depressie, miskrame, die dood van geliefdes, besef ek dis die tye waarin ek romanses verslind het. Danielle Steele, Jane Austen, Barbara Taylor Bradford, Nora Roberts, Eleanor Baker, Tryna du Toit. Weerkaatsings en Daddy Longlegs en Zoya en Sense and Sensibility. Troosboeke, soos tjoklits en melkkos en koekies trooskos is. Boeke wat my geselskap gehou het wanneer die lewe net te veel geword het. Hierdie stories en karakters het my help ontvlug uit ‘n ondraaglike realiteit en my terselfdertyd die krag gegee om een voet voor die ander te sit in die vaste vertroue dat this, too, shall pass. Want die lewe is eintlik maar baie soos ‘n boek: as jy een sin na die ander lees, een bladsy na die ander omblaai, begin die deurmekaar drade van ‘n eens onverstaanbare narratief later betekenis aanneem. Kom jy agter dat random gebeure betekenis kry teen die agtergrond van jou lewe, dat selfs die harde, skewe lyne eindelik deel vorm van die beeld op die skilderdoek. Eindelik onlosmaaklik deel word van wie jy is, lig sowel as skaduwee.

Ek skaam my nie vir my liefdesverhale nie. Ek’s eintlik baie trots op hulle. Enigiemand wat dink dat romanses iets is om mee te spot, kan gerus maar self ene probeer skryf. Komaan, ek dare julle! Dalk vind julle uit, nes die res van ons romanseskrywers, hoe terapeuties dit is om met ‘n blank dokument en ‘n blinking cursor te begin en eindelik ‘n storie te hê van twee halwe, stukkende mense wat saam heel word – in hulself sowel as in hul verhouding.

Die ander dag sit ek en skryf toe my elfjarige dogtertjie, Tamika, by die kamer ingestorm kom. “Mamma!” roep sy uit, met soveel rou tragedie in haar stem dat ek al begin dink waar ons die hond gaan begrawe. “Stephen het vir Cassandra gelos!” Sy bars in trane uit en snik asof haar hartjie wil breek.

Huh, dink ek. Stephen? Cassandra? Ons het nie sulke honde nie. Praat die kind dalk van ‘n fliek?

Sy gooi ‘n boek voor my op die bed neer. I Capture the Castle deur Dodie Smith. Een van my gunstelinge, die soort boek wat

Tamika

Tamika

ek nie kon wag om vir my dogters te gee nie.

“Jy’t gesê dis ‘n romance,” huil sy. “Ek het gedink dit het ‘n happy ending!”

Aan die einde van hierdie maand herdenk my Tamika haar vierde jaar met Tipe 1 diabetes. Sy was net sewe toe sy ‘n maagvirus gekry het – dieselfde virus wat my ander vier kinders sonder enige nagevolge gehad het. In haar geval het die virus ‘n outo-immuun respons gesneller wat haar pankreas vernietig het. ‘n Kombinasie van ‘n genetiese geneigdheid en rotten luck. Tamika moet voor elke ete haar vinger prik om haar bloedglukose te toets en haarself met insulien inspuit. Elke keer as sy ‘n seer keel of ‘n loopneus het, of as sy stres oor haar balleteksamen,  is haar suiker buite beheer. Soms, veral na strawwe oefening, daal dit so laag dat sy naar en flou en beangs voel. Dat sy letterlik nie logies kan dink nie, want haar brein het nie genoeg glukose daarvoor nie. Ons hou haar lewe so normaal as moontlik, maar dit bly ‘n ontsettende verantwoordelikheid vir ‘n lieflike klein lyfie. Dit bly ‘n flippen raw deal, veral vir ‘n romantiese sieletjie wat my nou die dag gevra het of die miere hul dooie maters wegdra om te gaan begrafnis hou (um, nee, my kind, ek dink die gevalle soldate word aandete!).

As jy my vra, het Tamika genoeg skaduwees van haar eie in haar lewe. ‘n Happy ending is waaragtig nie te veel gevra nie. So nou is ons versigtig vir stories wat nie deliver nie. Daar is niks wat my so gelukkig maak as om vir Tamika my romanses te gee en die sterre in haar ogies te sien nie. “Dis so romantic, Marmee” (Tamika noem my Marmee, soos die ma in Little Women),  of “Jou held is dreamy” is die grootste kompliment wat ek ooit vir my skryfwerk kan ontvang. Nie eens ‘n Nobel-prys vir romanse – as daar ooit so iets sou wees! – kan naby die tevrede suggie kom waarmee sy een van my boeke neersit nie. Stephen King sê in On Writing hy skryf vir sy vrou, Tabitha. Ek skryf vir Tamika, my inspirasie. En vir al die ander vroue in Suid-Afrika wat ‘n happily-ever-after nodig het.

En daarom, my liewe kollega, is ek nie skaam om romanse te skryf nie. Nie eens ‘n bietjie nie. Spot maar as jy wil, maar om geluk met mens se stories te saai, is voorwaar nie ‘n meaningless ding om met jou lewe te doen nie. As jy my vra, is dit moerse edel. Sela.

 

So Val die Helde: Hoe om jou Alpha-man te Laat Grovel Maart 14, 2012

Die good old grovel is my gunsteling toneel in enige romantiese komedie wat sy sout werd is. Ek vrek oor die oomblik wanneer die held besef dat slim sy baas gevang het – dat hy ‘n opperste poephol was wat die één vrou weggedryf het waarsonder hy nie kan leef nie. En dat hy nou beter please explain – op sy knieë, asseblief, verkieslik met ‘n verloofring in sy sak – in die hoop dat sy hom dalk terug mag vat, lae luis wat hy is!

Soveel flieks, soveel grovels. Onthou jy nog hoe ons hartjies gebons het toe Richard Gere, hoogtevrees ten spyt, vir Pretty Woman daar uit haar ‘kasteel’ se toring gaan haal het? Veral nadat sy hom vroeër so weergaloos in sy peetjie gestuur het: When I was a little girl, my mama used to lock me in the attic when I was bad, which was pretty often. And I would … pretend I was a princess… trapped in a tower by a wicked queen. And then suddenly this knight… on a white horse with these colours flying would come charging up and draw his sword. And I would wave. And he would climb up the tower and rescue me. But never in all the time… that I had this dream did the knight say to me, “Come on, baby, I’ll put you up in a great condo.”

My persoonlike grovel-gunsteling is Hugh Grant. Hy’s waarlik in ‘n klas van sy eie wanneer dit kom by skuldig lyk. Daai deurmekaar hare. Daai dierbare leepoë – erger as ‘n Basset met ‘n hangover s’n. Ek het nou die dag weer Music and Lyrics gekyk waarin hy sy onvergeetlike grovel sing:

And though I know I’ve already blown more chances

Than anyone should ever get                      

All I’m asking is you don’t write me off just yet

Don’t write me off just yet.

Natuurlik is dit soms die heldinne wat groot askies moet vra. En as hulle dit doen, doen hulle dit in styl! Dink maar aan die dierbare, lawwe Bridget wat in die sneeu uithardloop agter Mark Darcy aan. In haar jas en luiperdvel onderklere! Of Julia wat haar hardloopskoene vir Richard present gee in Runaway Bride? Of in Notting Hill vir Hugh sê: “I’m just a girl, standing in front of a boy asking him to love her.”

Hoe skryf ‘n mens ‘n goeie grovel? Hier is Harlequin outeur Lucy King se raad (lees die hele post op http://www.iheartpresents.com/2010/09/i%E2%80%99m-an-idiot-i-love-you-by-lucy-king/)

“I’m an Idiot, I Love You” by Lucy King

There’s a man on his knees on a doorstep. He’s shouting through a letterbox, pleading with the woman inside, desperate to undo the damage he’s done. Later, there’s a woman, bedraggled and shivering in an oilskin, fighting to win back the man she stupidly rejected…

Ah, who doesn’t love a good grovel in a Presents? The moment when the hero – and it usually is the hero who’s screwed up, isn’t it? – realises he’s been a fool, tracks the heroine down and begs for forgiveness. An alpha male brought to his knees by love? It gets me every time. And the more they suffer, the better!

As it’s probably my favourite part of a Presents, both to write and to read, here’s my 10-step guide to a good hero grovel:

1. Screw up really really badly. Because let’s face it, the worse the screw up, the better the grovel. Suspect the heroine is becoming a Serious Threat to your peace of mind. Possibly jump to the wrong conclusion and accuse her of something she didn’t do/say. Let your own emotional baggage blind you. Whatever the reason, back off faster than you can say ‘Fall in love? Over my dead body’.

2. Leave. Or make the heroine leave. Either way, count your lucky stars that you’ve managed to extricate yourself from a fate worse than death.

3. But hang on a moment. If you’ve been so clever, how come you feel so out of sorts?

4. Reluctantly force yourself to re-assess the values you’ve held all your life, analyse some of the irritatingly valid points the heroine may have made during your last encounter and examine your feelings (shudder).

5. In a burst of clarity realise that you’ve behaved like a complete idiot and make yourself acknowledge that your life is actually pretty pointless without the heroine in it.

6. Waste no time in rectifying the situation. You’re an alpha male, aren’t you? Go and find her. Make a Grand Emotional Gesture. Explain your behaviour. At a push, confess that she might have been right after all. About some things. Possibly. Phew. Sorted.

7. Wait a second. Something isn’t right. Why isn’t she falling into your arms in gratitude? What do you mean that’s not enough?

8. Uhoh. This may call for drastic measures. Gather your strength. Release all those emotions you didn’t even know you had. Take a deep breath and tell her that you love her and can’t live without her.

9. Wait on tenterhooks for the heroine’s reaction. Why is she hesitating? Oh, this isn’t fair. Haven’t you suffered enough already? Send a prayer of gratitude to your author when the heroine finally puts you out of your misery and confesses that she loves you too.

10. Now she falls into your arms. Thank goodness for that. Live happily ever after.

 

 

 

Empatie: Die Verantwoordelikheid van die Romanseskrywer Maart 12, 2012

Ons het elkeen iets wat ons hoop om met ons kinders se opvoeding te vermag. Vir party ouers is dit belangrik dat hul kinders onafhanklik grootword, dat hulle so spoedig moontlik op hul eie bene kan staan. Ander hoop om ambisie in hul spruite te kweek, of ondernemingsgees of onbaatsugtigheid. Vir my was empatie die belangrikste kwaliteit: ek wou graag my kinders inspireer om hul eie en ander se gevoelens te verstaan en te respekteer. Om hierdie rede het ek en my man gehegtheidsouerskap (attachment parenting) nagestreef. Ons het sover moontlik probeer om ons babas se behoeftes te bevredig: as hulle honger was, het ek hulle gevoed; as hulle bang of eensaam was, het ek hulle opgetel en getroos. Sommige mense het gevoel ons bederf hulle, maar ek het gedink (en doen trouens steeds) dat mens kinders nie met liefde bederf nie.

Dit het egter gou vir my duidelik geword dat kinders nie noodwendig van nature empaties is nie, en dat alle kinders dit ook nie ewe maklik vind om hulself in iemand anders se posisie te plaas nie. Empatie is iets wat gekweek word, dit groei nie sommer vanself nie.

Ek het egter ontdek dat daar ‘n ekonomiese, effektiewe manier is om kinders empatie te leer. Lees vir hulle stories. ‘n Storie laat ‘n kind toe om iemand anders se lewe aan te probeer, om homself in die karakter se skoene te plaas. Die beste stories kry dit reg sonder om ooit ‘n enkele woord te preek. My oudste seun is nou amper sestien, en deur die jare het ons soveel karakters ontdek en soveel ‘tweedehandse’ lewenservaring opgedoen uit die boeke wat ek saans vir hulle voorlees. Boonop lei die karakters se dilemmas tot soveel interessante, verrykende gesprekke. Op die oomblik is ek byvoorbeeld besig om vir die ouer kinders Plague Year deur Stephanie Tolan voor te lees. Dit handel oor die reaksie van ‘n groep leerlinge (en die dorp waarin hulle woon) wanneer hulle uitvind dat ‘n gevreesde reeksmoordenaar se seun saam met hulle skoolgaan. Wat ‘n wonderlike inleiding in die hele nature/nurture debat!

Empatie is net so ‘n belangrike bestanddeel van ‘n suksesvolle romanse (of van enige suksesvolle storie, dink ek). Ons wil immers hê ons lesers moet die storie deur die heldin se oë beleef en saam met haar op die held verlief raak. Juis daarom is dit so belangrik dat ons ‘n simpatieke heldin skep.

Wat is ‘n simpatieke heldin? Iemand het onlangs vir my geskryf dat lesers nie dwarsdeur die boek van my heldin hoef te hou nie, maar hulle moet haar gedrag en haar gevoelens verstaan. Ek dink dis ‘n belangrike punt. Een van die beste boeke wat ek in 2011 gelees het, was ‘n Vrou Gaan Dokter Toe deur Ray Kluun. Ek het die verteller met tye geháát, maar ek het nietemin soveel deernis met hom gehad dat ek gevoel het my hart breek in ‘n duisend stukkies aan die einde van die boek.

Om mens se karakters simpatiek uit te beeld, is dit belangrik dat jy hulle werklik deur-en-deur ken. Jy wys eintlik net vir jou lesers die puntjie van die ysberg van elke karakter se agtergrond en persoonlikheid. Meeste van wat jy oor jou karakters weet, beland nooit op die bladsy nie. Tog maak dit van hulle multidimensionele mense. Ek skryf gewoonlik vir elke karakter ‘n in-diepte profiel. Dikwels is dit nie genoeg nie. Ek moet dieper delf sodat ek uitkom by die karakter se motivering en by haar unieke stem. Dit help om byvoorbeeld ‘n brief te skryf waarin die karakter aan die woord is. Jy kan selfs ‘n dialoog met hom/haar op papier hê. Kry ook ander karakters se insig in die persoon deur hulle te ‘vra’ om jou te vertel wat die één ding is wat jy van daardie persoon moet verstaan. Op hierdie manier kry jy empatie vir jou karakter en help jy ook jou leser om meegevoel te ervaar.

Dit beteken natuurlik nie dat jy saggies en mooi moet werk met jou karakters en vir hulle ‘n rooskleurige storie moet skep nie. Dit sou net vervelig wees! Nee, besluit wat jou karakter nodig het ten opsigte van groei en ontwikkeling en gooi haar aan die diepkant in. Neem weg wat vir haar die belangrikste in haar lewe is en laat haar daarsonder klaarkom of daarvoor baklei. Niemand wil ‘n storie sonder konflik (veral sonder innerlike konflik) lees nie.

Maak jou karakter iemand met teenstrydighede in haar persoonlikheid. Dis gewoonlik die mense wat ons die meeste boei. Wys ons hoe hierdie uiterstes dit binne haar uitstoei en hoe hulle inspeel op haar verhouding met die held. Op hierdie manier verhoed jy kartonkarakters en stereotipering – in jou heldin, jou held en selfs in jou ‘baddie’.

Dit beteken natuurlik dat mens met oop oë deur die lewe moet gaan. Dis soms makliker gesê as gedaan vir skrywers, ons is geneig om dromers te wees wat met een voet in ons stories deur die verkeer bestuur, deur die winkels stap, en selfs met ander praat. My pa het jeugboeke geskryf en het volgehou dat ‘n groot deel van sy inspirasie uit sy belangstelling in mense kom. “Elke mens het ‘n storie,” het hy my graag herinner. “Hy wag net vir ‘n kans om dit te vertel.”

Natuurlik kan mens jou empatie verder ontwikkel deur self baie te lees: fiksie sowel as nie-fiksie. Een van die mees waardevolle kursusse wat ek op universiteit geneem het, was sosiale sielkunde. Daarin het ek geleer wat mense motiveer, hoe opinies gevorm word, hoe mense nuwe inligting prosesseer ensovoorts. Ek het byvoorbeeld geleer dat dit nie waar is dat opposites attract nie. Eintlik is die teenoorgestelde waar: birds of a feather flock together. Dis hoekom getroude pare dikwels so eenders lyk – ons voel aangetrokke tot mense wat ons aan onsself herinner. Ek probeer dus om my helde en heldinne nie te verskillend van mekaar te laat lyk nie, hoewel ek hul persoonlikhede soveel as moontlik laat verskil. Sodoende is daar heeltyd konflik en krapperigheid, maar op die einde van die dag maak die tweetjies mekaar heel.

Nes my taak met my kinders nog nie afgehandel is nie (‘n tiener, soos ‘n kleuter is ‘n redelike self-absorbed wese!), sal ek nooit self so empaties wees as wat ek graag wil nie. Nie in my lewe of in my boeke nie. Dis iets waaraan mens moet werk solank as jy leef. Intussen neem ek my verantwoordelik ernstig op: Ek glo romanseskrywers moet vroue (veral die jongeres) wys hoe ‘n empatiese held en heldin lyk sodat hulle, nes ons karakters, kan streef na heling en heelheid.

 

 

Mediese Romanse: ‘n 4D-Benadering tot die Genre (Deel 1) Februarie 26, 2012

Soos meeste ander skrywers, wou ek van kleins af skryf. Vir ‘n lang tyd het ek egter geglo dat my verbeelding nie goed genoeg is om fiksie te skryf nie. Ses of sewe jaar gelede het ek begin om op ‘n relatief gereelde basis in my dagboek te skryf. Dit was meestal niks vreeslik gestruktureerd nie, eerder freewriting, amper soos Julia Cameron se morning pages. Hierdie skryfoefening het my goed gedoen, en ek het dit al sterker begin oorweeg om my hand aan papier te waag. In die middel van 2009 het ek twee van Rykie Roux se mediese romanses by ‘n tweedehandse boekwinkel gekoop: Aarbeie vir Dokter Aliz en Die Dokter se Geheime Passie. Iets het in my brein gekliek. Ek wil só ‘n boek skryf, het ek besluit. Ek het egter nie dadelik begin skryf nie, maar eers gelees en nagevors. Einde September het ek met Droomdokter begin en Oujaarsaand het ek die laaste sin getik. Nou moes ek die moed bymekaarskraap om die manuskrip weg te stuur!

Manlief het die kosbare pakkie in Maart van 2010 gaan pos. Toe ek teen Oktober nog niks gehoor het nie, het ek per e-pos navraag gedoen. Hester Carstens het laat weet ek moet nog net so ‘n week geduldig wees, dan kan sy my laat weet oor my (‘baie goeie’) manuskrip. Vir meer as ‘n week het ek obsess oor wat ‘baie goeie’ nou eintlik beteken en of ek kon begin hoop of nie. Eindelik het die e-pos gekom: NB wou Droomdokter in Junie 2011 uitgee!

Intussen het ek nog twee mediese romanses geskryf en ‘n hele spul gelees – in Afrikaans, maar ook in Engels. Ek het die Internet gefynkam vir inligting oor die genre en elke artikel of blog-inskrywing gretig verslind. Wat jy hier lees, is ‘n opsomming van daardie inligting.

4D sonar

Vir die van julle wat nie tans op die kinders- of kleinkinders-kry-stadium is nie, ‘n 4D-sonar is ‘n drie-dimensionele ultraklank-skandering van ‘n ongebore baba. Die vierde dimensie is beweging – ‘n 4D sonar neem dus nie net stilfoto’s nie, maar wys al Baba se manewales in utero. Aangesien ek mediese romanses skryf – wat tot dusver nog elke keer afgespeel het in die wêreld van verloskunde – het ek gedink dat die 4D-benadering ‘n goeie een is om die sleuteleienskappe van hierdie genre te illustreer.

Die Voorblad van 'n 1977 Mediese Romanse

Mediese Romanse 1977

Laat ek begin met ‘n stukkie agtergrond oor die genre. Die mediese romanse is een van Harlequin/Mills and Boon se oudste aaneenlopende reekse. Dit het in 1977 begin as die Doctor Nurse Romance druknaam, is in 1989 verander na Medical Romance, toe in 1993 na Love on Call. In 1996 het dit weer Medical Romance geword en sedert Junie 2006 is dit bekend as Harlequin Medical. NB publiseer ‘n reeks Afrikaanse mediese romanses onder die druknaam Hartklop. Waar die voorgeskrewe lengte vir ‘n Harlequin Medical 50 000-55 000 woorde is, is ‘n Hartklop 55 000 woorde lank. Harlequin Medical gee maandeliks ses titels in die Verenigde Koninkryk uit.

Mediese Romanse 2012

Maar wat maak die mediese romanse uniek? Aan watter standaarde moet jy voldoen om ‘n goeie mediese romanse te skryf? Oor die volgende vier dae gaan ek die belangrikste eienskappe van die genre bespreek. Hierdie vier D’s van mediese romanses is: drop-dead gorgeous dokters, drama, diversiteit en diepte.

Die Eerste D: Drop-Dead Gorgeous Dokters      

Soos die genre se naam aandui, speel mediese romanses teen ‘n mediese agtergrond af. ‘n Paar dekades gelede was die heldin gewoonlik ‘n verpleegkundige en die held ‘n dokter. Deesdae weerspieël die karakters die veranderende rol van vroue in die samelewing en die mediese wêreld. Baie van die heldinne is nou self dokters – en ek het selfs onlangs twee Harlequins gelees waarin die helde verpleegkundiges was (wat heerlike potensiaal vir konflik skep as die heldin ‘n ietwat snobistiese dokter is). Daar is natuurlik ook ruimte vir ander mediese beroepe, soos fisioterapeute, arbeidsterapeute, paramedici en sielkundiges, hoewel hierdie rolle nog nie naastenby genoeg ontgin word nie.

In die mediese romanse werk beide die held en die heldin gewoonlik in ‘n mediese opset. Hier en daar kom mens ‘n storie teë waarin net die een party medies gekwalifiseer is. Die tweede lid van die paar werk dan gewoonlik in ‘n komplementêre beroep, soos die polisie of brandweer. Die romanse speel bitter selde tussen ‘n dokter/verpleegkundige en ‘n pasiënt af, aangesien daar in meeste lande etiese besware hierteen is. Dis nie ‘n ongehoorde storielyn nie, maar moet tog sensitief hanteer word. Dis baie meer algemeen dat ‘n dokter/verpleegkundige byvoorbeeld ‘n verhouding aanknoop met ‘n pediatriese pasiëntjie se ma/pa.

McDreamy

Wat is die trekpleister van die mediese romanse vir lesers? In my opinie kom dit alles neer op die held – ek (soos meeste ander lesers van die genre) wil lees oor ‘n drop-dead gorgeous dokter wat die heldin se voete onder haar uitslaan. Dink George Clooney in ER. Of die sogenaamde ‘holy trinity’ in Grey’s Anatomy (soos editor Flo Nicoll van Harlequin Medical hulle noem): McDreamy, McSteamy en Alex Karev. Of, as wounded heroes dit vir jou doen, kan die held selfs iemand soos die enigmatiese maar bedonderde Dr. Gregory House wees. Solank hy dodelik aantreklik, die beste in sy veld, en ‘n man met ‘n verlede is, sal die lesers tevrede wees.

Die held in ‘n mediese romanse is dikwels ‘n alpha male.Wat die genre egter

uniek maak, is die geleenthede wat die outeur het om hierdie alpha male se

George Clooney in ER

simpatieke, meer sensitiewe kant uit te beeld wanneer hy met pasiënte werk. Natuurlik moet hy ambisieus wees – ‘n regte man-van-aksie, maar hy moet ook ‘n bekoorlike bedside-manner hê. Ek het iewers gelees dat ‘n suksesvolle romanse-skrywer in gedagte hou dat die alpha held die ultimate nurturer is.

Hier is wat Harlequin Medical Senior Editor Sheila Hodgson oor helde skryf (ek het ongelukkig die link verloor na hierdie blog, laat weet seblief as julle dit kry sodat ek dit hier kan invoeg):

So, which kind of medical hero is your guilty pleasure? Is he:

The brooding hospital specialist?
Gregory House would be right at home here. Wounded, emotionally, physically or both. This hero is brilliant, but unreachable, except by the heroine! Though we’ve had GPs not dissimilar to him too!

The sexy maverick?          
Gorgeous, bit of a heartbreaker, but nothing (not even the rules) will get in the way of him being a great doctor to his patients. Unconventional to the core, a handsome rebel with a cause and a heart of gold – ripe for the right kind of woman, he just doesn’t know it yet.

The dreamy hot doc in a buzzing medical team?

McSteamy


The irresistible charmer, who isn’t afraid to get his hands dirty. He exists amongst the heated grapevine and eventful personal life of a crack, committed medical team. It will take a special woman to tame him, and the dialogue will be unsentimental but brilliant, there will be bags of emotion and plenty of passion. Instead of Grey’s Anatomy, try reading St Piran’s Hospital – starting in Medical Romance in December!

The family GP (or even a vet?!)
Gorgeous and brooding, or warm and charming, country or city doctors, a mainstay of this sub-genre, he has a heart of gold, and deserves to be part of a loving family.

The Private Doctor
Harley Street, doctors to the rich, famous or just plain royal. Gorgeous docs who inhabit a glamorous world. It can sometimes take a down-to-earth and gutsy heroine to make this guy whole.

And of course, there’s more – we have many types of medical heroes, more than you’ll see anywhere. And with a range of authors whose voices offer everything from traditional to the very now, witty humour, real banter, warmth, passion, and pure emotion – there’s so much choice there is something for every type of reader and every type of writer. And if it’s that continuity of setting, characters and community you love, then you’ll find plenty in Medical Romance. Go on, you know you want to pick one up, maybe even write one!

Die heldin in die mediese romanse is natuurlik ook baie belangrik, aangesien sy die persoon is deur wie se oë die leser die storie betree. Lesers hou van ‘n onafhanklike, spunky heldin wat nie op haar mond geval is nie en wat die held behoorlik op sy plek kan sit. Volgens die editors van Harlequin Medical is dit belangrik dat die held en heldin gelyk is – evenly matched soos hulle dit noem. Dit beteken gewoonlik dat die heldin – net soos die held – uiters suksesvol is in haar beroep. Die probleem hiermee is natuurlik dat dit tyd neem om die toppunt van die leer te bereik, wat impliseer dat mediese helde en heldinne in hierdie verhale dikwels in hul dertigs of selfs veertigs is. Ongelukkig lyk die modelle op ons voorblaaie dikwels of hulle net-net uit hulle tienerjare is …

 

Heerlike pasella vir romanse-skrywers Februarie 17, 2012

Ek het vanoggend afgekom op hierdie oulike Kindle-boek – heeltemal gratis! Dis geskryf deur Mills & Boon se editors vir voornemende skrywers. Hoewel dit spesiaal geskryf is vir hul reekse, is die beginsels steeds handig vir Afrikaanse romanse-skrywers. Ek het dit vreeslik geniet, hoop jy laai vir jou ook een af! Kry joune hier: http://www.amazon.com/Secrets-Uncovered-editors-authors-ebook/dp/B005OEATSA/ref=sr_1_1?s=digital-text&ie=UTF8&qid=1329489841&sr=1-1

 

Spesiaal vir Valentynsdag: Tien Afrikaanse Boeke wat my Hart Tjoklits Laat Klop Februarie 14, 2012

  1. Bottervisse in die Jêm deur Deon Meyer. Kan dit wragtig ‘n man wees – ‘n man wat spanningsverhalae skryf, boonop – wat ‘n vrou se hart so goed verstaan? Wat so romanties skryf? Pasop vir hierdie bundel kortverhale as jy werk het om te doen, dis nes ‘n boks Lindt-balle. Net nog één, dink jy elke keer, maar as jy jou oë uitvee het jy als verslind!
  2. Vier Seisoene Kind deur Wilna Adriaanse. Ek’t hierdie een gelees terwyl ek in die Karoo op my eie gaan skrywersretreat hou het. Die huisie waarin ek gebly het, was sonder elektrisiteit en Wilna het my kerse tot laatnag laat brand. En my toe nog langer laat rondrol oor die Johnny Depp lookalike met sy mondhoeke wat so ondertoe keep …
  3. Die Ooreenkoms deur Sophia Kapp. Ug, ek het myself belowe om net een van elke skrywer se boeke te lys, maar hoe kies mens tussen Sophia se wonderlike stories? Haar karakters word so regtig dat mens voel of jy hulle al jare ken.
  4. Om Ben Lief te Hê deur Madelie Human. Vir hierdie ene het ek lank gewag. Ek kon die ander twee stories in die trilogie in boekwinkels kry, maar Ben was uitverkoop. Stel jou my vreugde voor toe ek dit op Kalahari raakloop – in e-boek formaat. Net jammer die boek kan nou nie fisies sy plek langs sy ‘broers’ op my rak inneem nie. Hierdie reeks is keepers en word beslis nie uitgeleen of herverkoop uit my boekery nie!
  5. Die Verste Ster deur Bets Smith het my weer laat onthou hoe dit voel om jonk en verlief te wees. ‘n Boek van Bets is altyd ‘n lekkerte. Ek hou van haar sterk heldinne en die spanningselement wat sy soms in haar stories inbring.
  6. Toorliefde van Chanette Paul was presies wat die titel beloof het – magic. Die plek, die held, die heldin en haar werk – sommer als. Een van daardie boeke wat my bybly lank nadat ek dit terug op die boekrak geplaas het.
  7. Vonkpos vir die Hart deur Irma Joubert. ‘n Storie met diepte en ‘n held wat maar enige aand sy skoene onder my bed kan kom inskop, vuil kouse en al.
  8. Klein Klippie Ver Gooi deur Marilé Cloete het die allerheerlikste openingstoneel en het my geboei tot die laaste woord. Een van daai boeke wat mens vinnig wil klaarlees, want jy wil tog net seker maak die held en heldin gaan selfs in hierdie storie by mekaar uitkom, maar aan die ander kant wil jy ook nie hê dit moet opraak nie.
  9. Een Keer in ‘n Leeftyd deur Marijke Greef was vir my so mooi dat ek dit twee maal gelees het – die eerste keer gulsig, agter die storie aan, en die tweede keer stadig, sodat ek hierdie meesterstuk van uitgestelde begeerte kon waardeer. ‘n Pragtige verhaal waarin die seksuele spanning onlosmaaklik deel van die verhaal vorm.
  10. Oukei, ek het gesê net een boek per skrywer, maar ek kan regtig nie kies tussen Rykie Roux se Aarbeie vir Dokter Aliz en Die Dokter se Geheime Passie nie. Hierdie is die twee stories wat my geïnspireer het om romanses te skryf – en dan spesifiek ook mediese romanses. Dankie, Rykie!
 

Happy Valentine’s Day, Dear Midwives

Not too long ago, I finished my third medical romance (in Afrikaans, under my pen name). Like the first two, the story centres around a midwife in private practice. She is asked to deliver the baby of a celebrity couple – at home. I wanted to call this book Vroedvrou vir die Sterre – Midwife to the Stars. My publisher accepted the book, but not the title. According to her, the term ‘vroedvrou’ (in English, ‘midwife’) is not very romantic. I accepted the change with good grace, acknowledging that she knows best about all things publishing and book sales, while I’m just a doula who knows about birth.

Still, if you ask me, being a midwife is a pretty romantic thing to do with your life. Oh sure, there are late nights, missed birthday parties and Christmases, ringing phones in the middle of the night. There’s blood and poop and other bodily fluids. There are (sometimes) screaming women and disrespectful colleagues. But mostly, there is love.

Think about it. What constitutes our very first experience of this world? Our primal experience of love? It is our birth, of course. Whose hands are the first to touch us, the first to convey welcome or abuse? The hands that deliver us. Those hands imprint upon our bodies and our souls what love and tenderness should feel like. Often, the very first voice we hear is that of the midwife or the doctor ‘catching’ us. Lucky is the baby delivered by a midwife’s gentle hands, placed with awe onto his mother’s chest, welcomed with the words: “Here’s your baby, look at what your love created, isn’t he beautiful?” In that moment, the midwife’s love births not just a baby, but a family. A mother. A father. A new soul.

The word ‘midwife’ comes from the old English and means someone who is with woman. Sheila Kitzinger describes the role of the midwife beautifully in her book, Rediscovering Birth:

“In all cultures, the midwife’s place is on the threshold of life, where intense human emotions – fear, hope, longing, triumph and incredible physical power – enable a new human being to emerge. Her vocation is unique. The art of the midwife is understanding the relationship between psychological and physiological processes in childbirth. Rather than being the provider of a technical service to support a doctor, or someone who scuttles around getting ready for an obstetrician and clearing away after him, her skills lie at the point where the emotional and biological touch and interact. She is not a manager of labour and delivery. Rather, she is the opener of doors, the one who releases, the nurturer. She is the strong anchor when there is fear and pain; the skilled friend who is in tune with the rhythms of birth, the mountain tops and chasms, the striving and the triumph.”

Sounds romantic, doesn’t it? French obstetrician Michel Odent reminds us that, until recently, human mothers could not give birth without releasing a “complex cocktail of love hormones”. The most important of these hormones are oxytocin (the hormone of bonding), endorphins (the hormones of transcendence and bliss) and prolactin (the mothering hormone). He warns: Today, in many countries, most women have babies without releasing these specific hormones. The questions must be raised in terms of civilization. This turning point occurs at the very time when several scientific disciplines suggest that the way human beings are born has long-term consequences, particularly in terms of sociability, aggressiveness or, in other words, ‘capacity to love’.” Midwives, in my opinion, are the ones most skilled at creating a space in which love hormones can flow. They are an essential ingredient of the “cocktail of love hormones”. This is why women often have lifelong bonds with their midwives.

Thank you to all the wonderful midwives of the world who embody love. Thank you, in particular, to the midwives who delivered my babies (Sue and Riana) and the babies of my doula clients (especially Heather, Esti, Erna, Margot and Cornel). A special thanks to Robyn Sheldon, author of The Mama Bamba Way. You have inspired me so deeply that I had to write three stories about your profession. You truly are my heroines. Happy Valentine’s Day! May the love you’ve given away so bountifully come back to you a thousand fold.

 

Romanses en Realiteit? Februarie 13, 2012

Filed under: romanse,Skryf — ameliastrydom @ 2:24 nm
Tags: , , ,

Dis ‘n ou debat: is romanseskrywers besig om hul lesers te laat glo in ‘n tipe liefde wat eintlik ‘n illusie is, of is ons juis besig om ‘n harde realiteit vir ons vroulike lesers meer leefbaar te maak met ons stories oor die liefde? As ‘n romanseskrywer, staan ek viervoet in die laaste kamp. Ons vrouelesers is nie stupid nie – hulle weet dat storieboek-helde net in storieboeke bestaan. En hulle gebruik ewe slim die heerlike hormone wat die lees van liefdesverhale stimuleer (endorfien en oksitosien) om nuwe lewe in hul eie verhoudings met hul feilbare vlees-en-bloed helde te blaas.

Maar nou wonder ek oor ‘n nuwe ding … Ek het onlangs Pretoria se tweedehandse boekwinkels deurgesnuffel op soek na popular psychology boeke oor die verhouding tussen mans en vroue. Men are from Mars en daai soort van boeke. My doelwit was nie om die mans in my eie lewe beter te verstaan nie (met hulle het ek lankal opgegee!) maar om ‘n beter begrip vir die psige van my storieboek-helde te kry. Die eerste boek wat ek toe optel, is He’s Just Not That Into You van Greg Behrendt en Liz Tuccillo. Ek was aangenaam verras – die boek was so entertaining dat ek dit sommer in een sitting (hilighter in die hand!) klaar gelees het. Gewoonlik lees ek maar langtand aan nie-fiksie boeke …

Ongelukkig het ek nie veel wat ek vir my romanses kan gebruik daarin gevind nie. Die rede? Behrendt hou vol dat ouens eintlik baie eenvoudig is. Hulle is glad nie so vol draadwerk en issues soos ons hulle in ons romanses uitbeeld nie. (Ja, jy het reg geraai: We [men] are driven by sex, although we’d like to pretend otherwise …].

Volgens Behrendt is al die ‘konflikte’ wat ons vir ons helde uitdink, eintlik kode vir he’s just not that into you. Verskonings, met ander woorde. Hy skryf: I’m a dude. If I like you, I kiss you. And then I think about what you look like in and out of your underwear. I’m a guy. That’s how it works. No ifs, no ands, and clearly, no buts … Ons geliefde konflik genaamd fear of intimacy? Volgens Behrendt is dit ‘n pot strooi uit die manlike perspektief: Sure, many people have been hurt in their past, and now have a fear of intimacy. But guess what? If a man is really into you, nothing will stop him from being with you – including fear of intimacy. He may run and get his butt into therapy if there’s some serious problem, but he’ll never keep you in the dark. Verder in die boek skryf hy: 100% of guys polled said a fear of intimacy has never stopped them from getting into a relationship. One guy even remarked: ‘Fear of intimacy is an urban myth’. Another guy said: ‘That’s just what we say to girls when we’re just not that into them.’

Oukei, in ons stories is dit wel wat gebeur. Die held kry sy gat in rat, raak ontslae van sy bagasie en verower die heldin. Maar in die regte lewe? Volgens die boek is ‘n sogenaamde vrees vir intimiteit dikwels net ‘n verskoning. Is ons boeke nie besig om vroue vals hoop te gee nie? Om hulle te laat dink dat hul ‘held’ besig is om oor sy issues te probeer kom, terwyl hy eintlik besig is om te wag vir ‘n beter proposisie nie?

Neem die ‘romantiese konflik’ van ‘n man wat ‘nooit’ wil trou nie. Volgens Behrendt sal meeste mans wat vir ‘n spesifieke vrou sê hulle wil nooit trou nie, wel eendag die knoop deurhaak. Net nie met haar nie. “Ek wil nooit trou nie” is dus eintlik kode vir “ek wil nie met jou trou nie.”

So wat sê julle? Veroorsaak ons romanses dat vroue langer gewillig aan ‘n lyntjie hang omdat hulle dink dat hul ouens – soos die storieboek-helde – wel eindelik hul liefde sal besef (en erken)? Of is ons helde juis manne van inbors wat dien om meeste vroue se standaarde darem effens te verhoog?