ameliastrydomskryf

Twee Wêrelde, Twee Bybies April 16, 2012

Partykeer voel ek effens skisofrenies. Ek het ‘n voet in twee wêrelde het en moet my bes probeer om nie my balans te verloor nie. Aan die een kant is ek ‘n skywer (wat net nooit genoeg tyd het vir skryf nie). Aan die ander kant maak ek ‘n lewe uit geboortes en babatjies as ‘n doula en laktastiekonsultant. Ek het selfs twee verskillende name in die twee wêrelde.

Meeste van die tyd trek hierdie wêrelde tou om my aandag. As ek besig is met die een, voel ek skuldig oor die ander. Om nie eens te praat van my vyf kinders en Pa wat iewers ook nog ‘n stukkie van my moet kry nie …

Maar soms, net vir ‘n oomblik, is daar harmonie tussen die twee wêrelde. Soos toe ek gisteraand hierdie foto kry van Annchen, ‘n mamma vir wie ek tydens kraam bygestaan het. Met die boodskappie: Ek en Bella het BAIE van jou storie gehou! Lovit! Lekker slaap, Annchen en Bella.

Vanselfsprekend voel ek vreeslik spesiaal oor al die babatjies wie se eerste skreeu ek gehoor het, veral as ek hulle, soos Bellatjie, kan sien grootword ook. En soos alle skrywers is ek erg oor hierdie eersteling-kortverhaal van my in VROUEKEUR. Hoe heerlik om twee van my bybies op een foto te sien!

 

6 Responses to “Twee Wêrelde, Twee Bybies”

  1. Baie geluk met jou kortverhaal-bybie. Dis ‘n oulike titel daarvoor. Verskyn dit in die nuutste Vrouekeur? Sal plan maak om dit te lees.
    My kop voel ook soms dit haak uit met al my verskillende bedrywighede – en ek het nie eens meer kinders in die huis nie. Sterkte met alles. Ons vroue kan mos multi-task.:)

  2. Baie dankie! Ja, dis in die Vrouekeur van 20 April (met Nicholis Louw op die voorblad).
    Dink ek was dalk besig met iets anders toe die talent vir multi-tasking uitgedeel is 🙂

  3. Annchen Says:

    Ag dit is voorwaar hartroerend, as ek dink aan die koneksies wat gemaak is op die spesiale manier!!!! Voorwaar amazing!!! Jy is ‘n vrou 1000 000 000!!! Xxx

  4. Maja Steyn Says:

    Aww, Amelia, dis SO sweet! 🙂


Lewer kommentaar