ameliastrydomskryf

My Top 10 Gunsteling Boeke oor Skryf Februarie 11, 2012

  1. Writing Down the Bones deur Natalie Goldberg. As jy nie van filosofiese ramblings oor die skryfproses hou nie, bly weg van hierdie een af. Goldberg sit haar Zen-lense op om die skryfproses – die groot liefde van haar lewe, die een waarvoor sy bereid is om alles te gee – te bekyk. Ek het hierdie boek by Kalahari bestel vir R82 en was bitter teleurgesteld toe ek die pakkie oopmaak – ek’t per ongeluk die Pocket Classic bestel. Die volledige boek, maar klein genoeg om in jou palm te pas. Die boekie se grootte was egter ‘n bedekte seën. Vir die volgende jaar het ek dit orals in my handsak saamgedra en daaruit gelees tydens elke vry oomblik. By my kinders se balletklasse en krieketoefening, by geboortes (met my hand op die ma se seer rug en my oog op die woorde), in die kar onder ‘n koelteboom. Dis ‘n moeilike boek om klaar te lees, sien, want dit maak mens so lus om te skryf dat jy kort-kort eers jou oefeningboek gryp. Goldberg is ‘n dissipel van wat sy writing practice noem. ‘n Soort meditasie op papier. Volgens haar kweek dit dissipline en help dit ons om by die vars, oorspronklike skrywer in onsself uit te kom wat nog nie ingeperk is deur moets en moenies nie. Writing practice is eenvoudig. Mens koop ‘n goedkoop oefeningboek (sodat jy vry is om die grootste klomp strooi in die wêreld te skryf) en ‘n ‘vinnige’pen. Die idee is om jou gedagtes te laat vloei, en jou pen mag jou nie terughou nie. Jy’s ook nie veronderstel om jou rekenaar te gebruik nie Goldberg skryf: Writing is physical and is affected by the equipment you use … I have found that when I am writing something emotional, I must write it the first time directly with hand on paper. Handwriting is more connected to the movement of the heart. Sy glo daaraan om ‘n timer te stel wanneer jy skryf. Dit sit jou onderbewuste onder druk om vinniger by die juicy stuff uit te kom. Mens sensor jouself glad nie: jy hou jou hand aan die beweeg sonder om iets uit te krap en sonder om te dink oor wat jy wil skryf. Dis baie soos Julia Cameron se morning pages, maar mens kan dit enige tyd doen, oor enige onderwerp. As jy soek na ‘n manier om jou skryfwerk te verdiep – om meer authentic te wees – is hierdie die boek vir jou. Goldberg se Old Friend From Far Away is ‘n heerlike boek oor memoir. Dit bevat tonne oefeninge om jou aan die onthou te kry. Bestel by: http://www.kalahari.com/books/Writing-Down-the-Bones/632/27993712.aspx
  2. Writing Begins with the Breath deur Laraine Herring is ook ‘n boek oor die skryfproses. Herring fokus op hoe om met jou hele self (liggaam, siel en verstand) te skryf sodat jy ‘n dieper bron het om uit te put. Zen filosofie het duidelik ook ‘n groot invloed op haar denke gehad, hoewel sy dit nie eksplisiet erken nie. Bestel by: http://www.kalahari.com/books/Writing-Begins-with-the-Breath/632/30470937.aspx
  3. On Writing: A Memoir of the Craft deur Stephen King. Ek het in my hoërskooljare – soos baie ander tieners – deur ‘n Stephen King fase gegaan. Hoewel ek nie mal is oor paranormal elemente nie (as jy die baddie nie kan skiet nie, wil ek nie oor hom lees nie), vrek ek oor my eie adrenalien. En King is darem maar ‘n meester van die genre! On Writing is ‘n onvergeetlike blik in ‘n super-skrywer se lewe. Sy rags-to-riches storie is inspirerend en hy gee uitstekende raad omtrent skryfstyl. Ek so lekker aan die boek gelees dat ek tans weer gereeld een van sy stories optel – paranormal of te not! Bestel by: http://www.kalahari.com/books/On-Writing/632/35317832.aspx
  4. Bird by Bird deur Anne Lamott. O, wat ‘n heerlike boek! Is daar enigiets lekkerder as om deur ‘n how-to boek vermaak te word? Lamott se skryfstyl is skreeusnaaks en pynlik eerlik. Enige skrywer kan met haar vreugdes en onsekerhede identifiseer. Bestel by: http://www.kalahari.com/books/Bird-by-Bird/632/386747.aspx
  5. See Jane Write: a Girl’s Guide to Writing Chick Lit deur Sarah Mlynowski en Farrin Jacobs. Ek’s mal oor chick lit en sal graag eendag in die genre wil skryf. See Jane Write lees byna net so lekker soos chick lit fiksie. Ek’t dit in een sitting verslind – dit was soos ‘n kuiertjie by my vriendin Hettie se kombuistafel, kompleet met die skatersessies en die skindernuus. Bestel by: http://www.kalahari.com/books/See-Jane-Write/632/29616557.aspx
  6. The Everything Guide to Writing a Romance Novel deur Christie Craig en Faye Hughes. Hierdie een was vir my net so goed soos Writing a Romance Novel for Dummies.
  7. Heart and Craft deur Valerie Parv. ‘n Versameling essays deur romanse-skrywers oor hoe hulle skryf. ‘n Wonderlike boek om mens te laat besef dat skrywers verskil – dat plotters en pantsers dinge maar verskillend mag doen. Wat ek ook geniet het, is dat die skrywers spesifiek skryf oor die romanse genre waarbinne hulle publiseer. Daar is byvoorbeeld hoofstukke oor mediese romanse, spanningsromanse en paranormal romanse. Hier’s iets vir alle skrywers van romanse – groen of gesout. Bestel by: http://www.kalahari.com/books/Heart-Craft/632/34618085.aspx
  8. The Getaway Car: A Practical Memoir about Writing and Life deur Ann Patchett. Hierdie Kindle Single was vir my so waardevol dat ek dit twee maal aandagtig deurgelees het, en toe ‘n roman van Patchett gekoop het. Sy skryf dat die beplan-fase van die skryfproses vir haar die gelukkigste tyd is: This book, of which I have not yet written one word, is a thing of indescribable beauty, unpredictable in its patterns, piercing in its colour, so wild and loyal in its nature that my love for this book and my faith in it as I track its lazy flight is the single perfect joy in my life … When I can’t think of another stall, when putting it off has actually become more painful than doing it, I reach into the air and pluck the butterfly up. I take it from the region of my head and I press it down against my desk, and there, with my own hand, I kill it. It’s not that I want to kill it, but it’s the only way I can get something that is so three-dimensional onto the flat page … Imagine running over a butterfly with an SUV. Everything that was beautiful about this living thing – all the colour, the light and movement, is gone. What I’m left with is the dry husk of my friend, the broken body chipped, dismantled, and poorly resembled. Dead. That’s the book … I never learned how to take the beautiful thing in my imagination and put it on paper without feeling I killed it along the way. I did, however, learn how to weather the death, and I learned to forgive myself for it. Roerend, nè? Bestel op Kindle: http://www.amazon.com/Getaway-Car-Practical-Writing-ebook/dp/B005JEXTBO/ref=sr_1_1?s=digital-text&ie=UTF8&qid=1329135401&sr=1-1
  9. No Plot? No Problem! deur Chris Baty gaan oor die skrywer se ervaring van National Novel Writing Month. Elke November besluit skrywers en aspirant-skrywers wêreldwyd om die onmoontlike te probeer doen – om ‘n roman van 50 000 woorde in net 30 dae te skryf. Baty vang die entoesiasme van die deelnemers mee. Hy deel die opgewondendheid van Week 1, die lustelose ontnugtering van Week 2, die onverwagte inspirasie van Week 3, en die triomf van Week 4. Maar hierdie boek is nie net ‘n reisgids vir deelnemers aan NaNoWriMo nie. Dit bevat waardevolle lesse oor hoe om jou muse te bevry van die inner critic en sy/haar skrikbewind. Baty skryf: Writing for quantity, rather than quality, I discovered, had the strange effect of bringing about both … The roar of adrenalin drowned out the self-critical voices that tend to make creative play such work for adults. Bestel op Kindle: http://www.amazon.com/No-Plot-Problem-ebook/dp/B0045OWFE6/ref=sr_1_1?s=digital-text&ie=UTF8&qid=1329135449&sr=1-1
  10. Finding your Voice deur Les Edgerton is ‘n lekkerlees boek wat ‘n komplekse en dikwels vae konsep ondersoek. Volgens Edgerton is meeste skrywers se unieke stemme begrawe onder lae kritiek en nabootsing. Dis nie soveel ‘n kwessie van ‘finding your voice’ nie, dis eerder ‘n geval van ‘freeing your voice’. En die outeur gee handige oefeninge wat nuwe en gesoute skrywers sal help om hul persoonlikheid helder op die bladsy te laat skyn. Bestel by Amazon:

http://www.amazon.com/Finding-Your-Voice-Personality-Writing/dp/1582971730/ref=sr_1_1?s=books&ie=UTF8&qid=1329135613&sr=1-1

Skrywers is bibliofiele – ek hoor graag by ander skrywers watter boeke oor die skryfproses julle kan aanbeveel. Kyk gerus ook na die bespreking by: http://skrywerontwikkeling.wordpress.com/boeke-oor-skryf/

 

2 Responses to “My Top 10 Gunsteling Boeke oor Skryf”

  1. Dankie Amelia!! hierdie is kosbare inligting vir enige skrywer.

  2. Dankie vir die inloer, Madelie. Soos jy weet, hou mens se lys van gunstelinge aan met groei!


Lewer kommentaar