ameliastrydomskryf

‘n Geselsie met Madelie Human Junie 10, 2012

Madelie Human, skrywer van romantiese komedies

My derde romanse, Bosveldliefde vir Jemma, sal later hierdie maand op die rakke wees. In die lig van hierdie happy event, het ek met Madelie Human, skrywer van heerlike romantiese komedies, gesels oor die skryfproses en die genre. Gaan lees gerus die onderhoud by

’n Kuiertjie met Amelia Strydom, skrywer van mediese romanses


en moenie skaam wees om te laat hoor wat jy dink nie.

 

3 Responses to “‘n Geselsie met Madelie Human”

  1. Amelia lug werklik ‘n paar baie interessante menings daar. Kom lees gerus die onderhoud en ook ‘n proestukkie van haar nuwe boek op my blog:

    Proestukkie: Bosveldliefde vir Jemma – Amelia Strydom

  2. Terloops, ek het vandeesweek Amelia se nuutste romanse op die rak, Bosveldliefde vir Jemma, gelees en was werklik beïndruk met die vordering wat sy in ‘n baie kort tydjie as romanseskrywer gemaak het. Baie geluk, Amelia! Ek is geensins verbaas dat jy sommer vir TWEE van jou boeke as finalis aangekondig is vir vanjaar se ATKV Woordveertjie vir Beste Romanse nie!! Ons hou duime vas vir jou!

    Haar werk is van hoogstaande gehalte: Sy het uitstekende taalbeheer en skryf in ‘n baie gemaklike spreektaal met uiters oorspronklike uitdrukkings, wat sommer heerlik lees. Die konflik tussen held en heldin is goed gemotiveer en laat die vonke behoorlik spat tussen die twee. Die onderwerp is goed hanteer, want wanneer dit by alternatiewe geboortes kom, weet Amelia waarvan sy praat. Alle jong mammas en selfs die wannabe oumas soos ek, sal die storie ten seerste geniet.

    Haar karakters is geloofwaardig en simpatiek. Meer as wat van baie gesoute skrywers se werk gesê kan word. Hou gerus maar vir Amelia dop – hier kom ‘n ding!!

  3. Sjoe, Madelie, baie dankie! High praise van ‘n gesoute romanseskrywer wat al veertien boeke agter die blad het. Ek’s bly jy’t Bosveldliefde geniet – jou boeke het my al baie ure se gelukkige ontsnapping gebied.


Lewer kommentaar